Monday, February 9, 2009

UFO photographed by South African

The guy didn't see this at the time he was taking a panorma of photos, but only later when he downloaded them onto his computer. The starnge object appears on only one photo.

I am guessing the UFO is a terrestrial creature known as a leaf, that fell off a tree and blew by...

Far less strange things have happened.
clipped from www.news24.com

Mnr. Brian Smith, sy vrou, Ronel, en hul seuns, Sean (15) en Brendan (11), is gemesmeriseer oor die vlieënde voorwerp op een van hul vakansiefoto’s.

Die Smith-gesin het die week voor Kersfees by Dikhololo, noord van Pretoria, vakansie gehou. Op hul laaste dag 19 Desember het hulle na ’n uitkykpunt geloop waar mnr. Smith ’n reeks van sewe foto’s geneem het om ’n panoramiese beeld van die oord vas te lê.

Maar twee weke later, toe mnr. Smith die foto’s op sy rekenaar by die huis aflaai, het hy tot sy verbasing ’n VVV daarop ontdek.

En die foto’s is volgens sy Samsung- mik-en-druk-kamera se tydsaanduiding slegs vier sekondes uit mekaar geneem.

Op die vergrote foto lyk die voorwerp soos ’n vlieënde rots met ’n blink ring rondom. Hy het aanvanklik gedink dit is ’n stofmerk op sy kamera se lens, maar daar is nie op enige ander van die sewe foto’s ’n soortgelyke merk nie.

“Ons is Christene, maar iets vreemds het hier gebeur. Ons is nie mense wat glo in ‘klein groen mannetjies’ nie.
 blog it

No comments: